Lekker by die See Vakansie
Vakansie Lecke
  • See vakansie naby Margate
  • Lekker Slaap by die see in Huis A
  • See vakansie naby Margate by Marina Beach

Lecke vakansie huisie in Marina Glen Vakansie Oord
te, Marina Beach KZN 

Kontak ons E Pos;
 
jentinabecker@gmail.com


       Jentina;           073 286 3889
​of

WhatsApp ons 073 286 3889

Voltooi die vorm aan die onder kant van die blad in vir n kwotasie 



Spesiale aanbod

 Kyk na die pryse po die hoofblad



Jentina help graag

As Jy in skoolvakansies wil gaan, bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom

Kontak Jentina vir meer besonderhede by 073 286 3889
of stuur 'n e-pos na: jentinabecker@gmail.com


Marina Beach is een van die mooiste dorpe aan die Suid-kus, en is ongeveer 10 km suid van Margate geleë en deel ‘n strand met SanlaMeer. Twee van die beste golf bane, SanlaMeer en Southbroom is ongeveer 2 km vanaf die vakansie huisie. Marina Glen is binne ‘n sekuriteitskompleks geleë, omhein met veiligheidsheining, kode-veiligheidshek, swembad en ontspanningsgeriewe .

Baie netjiese selfsorg Vakansie Huisie met twee slaapkamers beskikbaar. Die perfekte wegkom plek van die stadslewe. Selfsorg eenheid met 'n volledige toegeruste kombuis, bv gasbraaier, elektriese braaier, automatiese wasmasjien, tuimeldroeër en skottelgoedwasser. Akommandeer gemaklik 4 volwassenes en 2 kinders. Daar is 2 slaapkamers:  bestaande uit hoofslaapkamer met dubbelbed, 2de slaapkamer met 2 dubbelbank beddens (dubbel onder, enkel bo) en badkamer.   Dakwaaiers in die sitkamer, slaapkamer, kombuis en in die hoofslaapkamer. TV in die sitkamer, DSTV Skottel (bring eie dekodeerder) Ontspan heeltemal en braai op jou stoep.

Ideaal geleë 600 meter van die strand met lagune, swem area en visvangplek. Die hoof strand is ongeveer 1 km van die huis af, het blou vlag status, het heel jaar lewensredders en 'n mooi restaurant op die strand.


Betaling:
Met bespreking is 50% deposito betaalbaar.
(Kansellasie 3 maande voor die tyd of u verbeur die deposito)
Die oorblywende 50% is betaalbaar 30 dae voor aankoms
(As u sou nalaat om minstens ‘n maand voor die tyd te kanselleer,
sal u vir die volle bedrag aanspreeklik gehou word.)

Maandelikse afbetalings ooreenkoms word ook aanvaar.

Verwysings van vorige huurders op aanvraag beskikbaar.

By die see
Kontak ons E Pos;  jentina@findmeafarm.co.za
       Jentina;          073 286 3889
                             WhatsApp ons          

    Vertel ons meer van jouself. Naam en Van. Waar kom Julle vandaan, Epos , Selfoon nommer, aantal persone, datum arriveer en datum van vertrek.
    ​Voltooi die vorm vir n kwotasie onder op die blad  ASB En klik op die Dien in knoppie onder op die vorm   . 

Dien in
Powered by Create your own unique website with customizable templates.